Bietjie By by Annetjie Welgemoed

Bietjie By woon saam met baie bye in 'n baie groot bye kolonie. Die dag toe Bietjie, by geword het, het haar mamma verwonderd gesĂȘ: "Ag, kyk net so 'n bietjie by!" en Pappa het bygevoeg : "Ja, nee. Baie by is sy nie!" Vandaar die naam Bietjie, en Bietjie het sy gebly.

Pappa en Mamma het Bietjie By, met harte geswel van trots, aan Koninging By gaan voorstel. Geskok het Koningin By, Bietjie By aangestaar, en sonder meer verklaar dat Bietjie By darem veels te bietjie is, om al die pligte van 'n werker-by na te kom. Sy sal maar Korf diens moet verrig, want al is dit nou net bietjie, werk moet elke by werk!

Bietjie By kyk elke dag verlangend agterna wanneer duisende werker bye vetrek om hul baie belangrike taak, van nektar en stuifmeel versamel, te gaan uitvoer, sodat daar kos is vir die kolonie. Dan pak Bietjie By maar haar dagtaak blymoedig aan. Sy maak elke dag seker dat al die larwetjies genoeg by-brood, 'n mengsel van stuifmeel en heuning, te ete kry, sodat hulle volwaardige bye kan word.

Aan die einde van elke dag staan Bietjie By vol verwagting by die ingang van die Korf, die terugkeer van die werker bye en inwag. Hier, terwyl sy wag, het Bietjie By, sonder dat sy besef, haar toekoms as die belangrikste bytjie in die kolonie, verseker.

Sy kan nie wag om al die staaltjies van die werker bye aan te hoor nie, en om die tyd gouer te laat verbygaan, het Bietjie By begin dans. Om en om, heen en weer in die lug, dans Bietjie By.

Vandag is die werker bye egter nie lus vir gesels nie. Hulle is sommer nors, en brom en mor onder mekaar. Bietjie By vra groot-oog vir Katrientjie By, wat dan nou vandag verkeerd is? "Niemand van ons help mekaar nie, Bietjie!", roep Katrientjie frustreerd uit. Ons kan soveel meer stuifmeel en nektar versamel as almal net wou saamwerk. Al die bye soek op hul eie na die beste blomme en indien hulle dit dan vind, hou hulle dit net vir hulself!

Daardie nag, slaap Bietjie By min. Sy dink en dink en dink...Die volgende oggend, toe Bietjie By haar ogies traag oopmaak, spring sy uit die bed en dans plesierig. Om en om, heen en weer, haar vlerkies wapper van opgewondenheid. "Ek het die oplossing!" Sonder om eers die slaap uit haar ogies te vee, zoem Bietjie met 'n verskriklike spoed na die Koninging se kwartiere.

"Jy sal later moet terugkom", se die wag by die deur. Die Koninging slaap nog en kan nie gesteur word nie." "Nee, nee, nee. Ek moet haar nou dadelik sien!" dring Bietjie By aan. Die deur vlieg oop. "Wie durf my so vroeg steur?, vra die Koninging, glad nie vriendelik nie. "Ek is vreeslik jammer, U Hoogheid, stammel Bietjie onseker. Ek kon net nie wag om U te vertel hoe ons die voedselvoorraad, nog voor die winter, meer as kan verdubbel nie!

Die Koninging By lyk maar skepties. "O, nou goed dan", sug sy. :Maak net gou, sodat ek verder kan slaap!" "U Hoogheid, ek is so klein ou bytjie, die geringste windjie sal my sommer maklik kan aanhelp, sodat ek sonder inspanning sal kan gaan verken. Ek sal die beste en sappigste plate blomme opspoor ,en dan, waar al die werker bye my kan sien, sal ek dans, en almal sal dan weet waarheen om te gaan!

"DANS?" Die Koninging skud haar kop in ongeloof. "Ja, U Hoogheid. Met my pootjies hiernatoe en dan weer daarnatoe, en my vlerkies wat flap, een, twee, drie, of hoeveel keer, sal ek die rigting, en hoever in daardie rigting, aandui! Die Koninging is verstom. "Dit is so gek, dit kan dalk net werk! Kom ons probeer, Bietjie, sommer nog vandag! Die Koninging laat dadelik 'n vergadering belĂȘ waar elke by teenwoordig moet wees.

Dit gons soos die bye die voorstel bespreek. Almal weet nou wat hulle te doen staan. Bietjie By vetrek op haar baie belangrike sending, dit is die eerste keer wat sy dit buite die Korf mag waag. Die bye wag in spanning. Gaan die wind nie vir Bietjie baie ver weg waai nie? Daar is sy! Bietjie dans en dans, oor en oor, sodat geen by haar boodskap kan mis nie. Teen daardie winter het die bye kolonie 'n oorvloed van heuning, soos nog nooit tevore in hul store. Hulle het soveel, te veel, dat hulle besluit het om met die mense te deel.

Die Koninging het Bietjie By voor die hele kolonie vereer. "Bietjie By" se sy gewigtig, "al is sy die kleinste bytjie wat jy nog kon kry, is sy die slimste bytjie wat ooit sal kry!

About the author:

Annetjie Welgemoed is the owner of Stick-It, a South African based company specializing in innovative uses of vinyl. Writing stories for her child is one of her hobbies. https://www.Stick-It.co.za .